Lizette Martins
Moedersdag 2015 was my 'wake-up' call! ek het (soos gewoonlik) graag saam met my man en kinders fotos geneem. MAAR, hierdie keer het ek na die fotos GEKYK EN GESKRIK! Ek het besef ek moet iets doen maar het geen idee gehad waar om te begin nie. In Junie 2015 het ons 'n professionele familie fotosessie gehad en my grootste vrees het vir my teruggestaar vanuit 'n foto. Ek is gesien as 'morbidly obese' en ek het my voet neergesit en besef tot hiertoe en nie verder nie!
My kollegas het almal 'navorsing' gedoen oor banting en eetplanne van die web afgelaai. Ek het ook 'n kopie gekry maar het besef dat ek hulp gaan nodig hê. My skaal kon nie my gewig optel nie en die groot ERR boodskap op die skerm het my laat skrik. Ek het skelm in Dischem op 'n skaal gaan klim en byna doodgegaan van realiteit.
Dis toe dat ek op Facebook die advertensie van Slender Slim 4 U Witpoortjie raak lees. Hulle het 'n winter aanbod gehad en ek het dit oophande aangegryp en besef dat ek te skaam is om myself voor ander mense te laat weeg. Ek het hulle gekontak en telefonies met twee engele kennis gemaak wat my lewe vir altyd verander het.
Al die inligting is aan my gestuur, eetplanne uitgewerk en ondersteuning met WhattsApp groep was my lewenslyn.
Die aanmoediging was presies wat ek nodig gehad het. Liesl se woorde aan my was ..... 'vat dit dag vir dag, happie vir happie'. Ek het presies net dit gedoen. Ek het vinnig resultate gesien en het binne 2 weke my eie skaal begin gebruik. Dit het my die moed gegee om vol te hou met hierdie leefstyl. Die ondersteuning en aanmoediging van SS4U het my gedra. Mense het op- en aanmerkings gemaak en ek het besef dat ek beslis resultate kry wat volhoudbaar is.
Vandag, 11 maande later en 54kg ligter voel ek beter en gesonder as ooit. my hartklop het met 20 slae per minute gedaal en ek het beheer oor my lewe teruggeneem. Dit voel nie eers vir my of ek op dieet is of van lekker kos ontneem word nie ..... inteendeel, ek eet lekkerder as ooit! Daarom sien ek met oop arms kan vir hierdie uitdaging om die laaste vet vir ewig vaarwel te roep.
IETSIE VAN MY AF
* KYK en SIEN jouself.
* Neem beheer oor jou lewe (en gewoontes).
* GLO dat jy dit kan doen!
* Kry ondersteuning van 'n groep soos SS4U wat weet waardeur jy worstel.
* Ete vir ete kan jy dit doen!
* As jy van die bus afval, klim dadelik met jou volgende maaltyd weer terug!
* Vra as jy wonder oor iets.
* Vertel vir mense dat jy die Banting leefstyl volg sodat sosiale geleenthede nie vir jou 'n verleentheid word nie. Vat jou eie kos as hulle nie vir jou voorsiening maak nie. Dit is niks om oor skaam te voel nie, eerder trots!
EN ONTHOU: NIKS PROE SO LEKKER AS WAT MAER VOEL NIE!